Pa was al die jare 3 talige toer gids. Afrikaans, Engels en Duits.
Hy het die motor waarin hy sy toere gedoen het het in die suid-kaap is die selfde een wat in die ongeluk was.

Die ma, is n ontvangs dame vir die laaste 2 maande. Siende die pa kan nie of mag nie werk nie.

Jaco, Janika, Sonja-monique en Dante Hageman het gery om DVDs te gaan uitneem, en oppad terug het Jaco gestop by die vulstasie en R12 se lekkers gekoop. En toe stop hy by die verkeerslig. En toe die lig groen slaan het hy regoor die vierrigting gery. Op daai oomblik het n man van Mosselbaai se kant al die karre wat gestaan en wag het vir die robot aan die komende verkeer se kant verby gevat. En binne in Jaco se kar vas gejaag het.

Hulle reken dit was met n spoed van 180km/h+. En Jaco het net weg getrek en het nie eers n spoed van 10km/h gery nie.

Jaco, Janika en Dante is uit die voertuig geslinger en Sonja-Monique is in die kar oorlede.

Die alkoholvlak was 3 maal wat dit moes wees.

Saak is nog hangend maar het 4 vorige dronk bestuur sake ook gehad.

Ten tyde van die ongeluk was hy op huis arres en parool.

Submitted By: Jaco van Wyk (vader)