Die dag toe ek Maritsa Nell ontmoet ‘n jaar gelede het my lewe verander en het gevoel ek is volmaak.
Die liefde tussen ons het so helder geskyn dat almal kon sien. Ek was die gelukkigste mens op aarde.
Die dag van die ongeluk het my wereld verbrokkel en my hart vlenters.
Sy het gewerk vir Greyhound as ‘n buswaardin, sy het op 30 Maart 2006 saam met die bus gery tot tussen Hanover en Colesberg en het 3 uur 31 Maart 2006 uit die bus geklim en moes oor die pad loop om na die ander bus te klim oppad terug na Johannesburg. ‘n Man met ‘n Land Rover was oppad terug na Pretoria en was getrek en het haar opgeskep en in die lug gegooi. Sy is opslag dood.
Submitted by: Anton Holtzhausen